Sunday, 9th November 15:00 Etienne Rousseau Theatre
Nataniel in Concert
Ná 38 jaar op die verhoog staan Nataniël bekend as sanger, skrywer, storieverteller en stylikoon met sy asembenemende kostuums. Op Sondag 9 November het inwoners van Sasolburg die geleentheid om Nataniël in Concert te ervaar, met hoogtepunte uit sy laaste groot verhoogproduksies en ’n retrospektiewe blik op van die snaakste stories in Afrikaans en Engels. Nataniël deel die verhoog van die ERT met die pianis Charl du Plessis vir hierdie enkele uitvoering. Nuwe kostuums deur Nataniël se ontwerper Floris Louw word spesiaal vir die geleentheid onthul, asook Nataniël se nuutste boek en Charl se nuutste CD
Tickets are: R290 and R240 for 60+
(Some seats available from ERTickets.com R220)
