Sunday, 2nd November 15:00 Etienne Rousseau Theatre
“88” met Rocco de Villiers & Coenie de Villiers
‘n Klavier het 88 note, maar selfs twéé klaviere op een verhoog is nie genoeg vir die vinnige vingers van hierdie twee Suid-Afrikaanse klavier-legendes nie. Gehore het gevra, en Rocco de Villiers en Coenie de Villiers het geluister. Dié twee Viljees span hulle formidable kragte vir die heel eerste keer in hierdie produksie saam. Die repertoire strek vanaf boeremusiek tot by Bach, vanaf die blues tot by ballades.
Daar is ou treffers wat spog met vars vertolkings, nuwe komposisies wat spesifiek vir hierdie produksie geskryf is, en – wag daarvoor! – splinternuwe woordkuns uit die penne van albei kunstenaars. Hulle style is uiteenlopend, maar hulle deel een groot liefde: Die klavier. In die proses skep hierdie musikante ‘n sonderlinge, nuwe klank. “En nee,” lag Coenie. “Ontspan - ek dra nie kortbroek op die verhoog nie!”
GENRE: Musiekteater
VENUE en TYD: Etienne Rousseau Teater (ERT) Sasolburg
Sondag 2 November 2025. 15:00
OUDERDOMSPERK: Geen – gesinsvriendelik
KAARTJIEPRYSE:
R280
R200 (60+)
TEKS & MUSIEK
Rocco de Villiers & Coenie de Villiers
REGIE
Rocco de Villiers & Coenie de Villiers
PRODUKSIEHUIS
CDV Market Ideation Edms(Bpk)
OP DIE VERHOOG
Rocco de Villiers: Klavier en klawers
Coenie de Villiers: Klavier en klawers
