top of page

Venue: ERT Etienne Rousseau Theatre Sasolburg 
Time:  2 PM – 3:30 PM
Date: SATURDAY, JULY 23, 2022  

Click Here
Click Here

Event Details

Adults - R160

Kids under 12 and Pensioners: R130

Felias en Pokkel is Jakkie Louw se splinternuwe poppkas konsert. Dit is eintlik ’n ’n “one man and eight puppets’ konsert.
Die storie handel oor twee veldmuise in boer Jakkie se huis. Felias is ’n slim, lang, maer muis met ’n brilletjie en Pokkel ’n kort, ronde, jong muis met ’n groen hoedjie op sy kop. Pokkel het baie vragies oor waar melk, koffie, plastiek en die suiker vandaan kom. Felias staan bont om te verduidelik en dan moet hulle ook nog die honger kat dophou! O ja, en daar is sowaar ’n pratende donkie ook!
Jakkie Louw het alle musiek en die storie geskryf met liedjies soos Die dae van die week en Moenie bang vir die kat wees nie.
Jakkie Louw doen die twee muise se stemme self. Hy het egter van sy bekende vriende gekry om die ander karakters te doen. Stemme deur Lizz Meiring(Patat die kat, Skaai die kraai, Tienie die TV vlieg) Hannes Brummer(Vrottie Kokkerotie, Chris Die Verkleurmannetjie en Laventel die Plaashaan) Richardt Van der Westehuizen(Eeeejonkie Donkie en Die Tandemuis). Jakkie het die hele produksie behartig en gebruik die opnames van die stemme van bogenoemde kunstenaars.
Snaaks, oorspronklik en uit die pen van Jakkie Louw
Die produksie sorg vir baie komedie en opwinding en is verseker lekker vir die ouers ook.
Jaco Jacobs het die drie boeke ook geskryf wat te koop sal wees na die konsert.

Jakkie Louw is ’n dubbel Sama genomineerde liedjieskrywer en sanger, akteur en skrywer wat al 24 jaar professioneel musiek maak. Sy musiek het ’n kenmerkende partytjie ritme en oulike lirieke. Hy is bekend vir liedjies soos Drie Pikkewyne, Voshaarnooi en Een Miljoen woorde Jakkie was al in 5 grootskerm films onder andere “Liefling, Pretville en Die Spook van Uniondale.Sy naam is erkenbaar deur meeste Afrikaanse huishoudings. Jakkie het in sy loopbaan al 13 vollengte albms uitgebring en 4 live DVDs. Jakkie het ook die tema musiek op Kyknet (van o.a Toks en Tjops) geskryf. Jakkie se nuw enkelsnit – When Africa Smiles behaal ook die Nommer 1 Posisie op die Suid-Afrikaanse trefferlys in 2022

285448315_2017853348387083_5761977016375712007_n.jpg
bottom of page