top of page
Sondag 14 Nov. 2021 - 11:00 & 15:00
Click Here
Click Here

Event Details

SONDAGKONSERT MET NATANIËL

Sonder om inbraak te maak op kerktyd, etenstyd of rustyd, keer Nataniël terug na die verhoog van die Etienne Rousseau-Teater met twee konserte op Sondag 14 November.

Met pianis Charl du Plessis agter die klavier vier Nataniël oorlewing, hoop, inspirasie en ’n vroeë, genadige Kersfees.

Splinternuwe stories, soul, blues, pop, gospel en Kersfeesmusiek, asook unieke kostuums vorm alles deel van hierdie vertoning.

Nataniël het sopas sy nuwe boek, 107 KAALKOPPE, vrygestel.
Charl du Plessis het sopas sy nuwe cd, IT TAKES THREE, vrygestel.
Dit alles, saam met heerlike gebak uit die Nataniëlreeks, keramiek, kombuisolies, kerse en geskenke is beskikbaar by die Kersfeeswinkel in die foyer.

Sondag 14 November
11:00 + 15:00
80 minute
Alle veiligheidsprotokol word gevolg.
Maskers verpligtend.
Geen kinders onder 15.
Bespreek nou via WhatsApp:
0632175147

249052802_1851626205009799_4897037168087796759_n.jpg
bottom of page