top of page
Sunday, 29 May 2022
Click Here
Click Here

Event Details

Liewe Heksie het besluit dis tyd dat sy op haar besem klim en die land verken en dan sommer hier en daar ‘n bietjie stop, dat haar besem kan rus en dan sommer ‘n vertoning aanbied: Liewe Heksie en die Rolskaatse. Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar “eerste” verjaarsdag vanjaar sommer ‘n paar keer. Met haar persente, ‘n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak. Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats)wiele ry. Levinia vra mooi:”Asseblief klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.”

Verna Vels se immergroen verhale word verlewendig met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck is die “ultimate”, nimlike Heksie en uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf. ‘n Aanbieding vir die hele gesin: by vorige vertonings vanjaar het selfs van die volwassenes gesê- dit was hul vermaaklikste produksie in jare!

Liewe Heksie en die Rolskaatse is ook by vanjaar se KKNK beloon met ‘n Kanna toekenning vir beste kinderteaterproduksie.

“Senuwees en Skater. Impromptu teater op sy beste. Kinderteater het duidelik ‘n doel: nie net om iets aan kleingoed te bied nie, maar ook om verstokte siele weer in sprokies en spel te laat glo.” Marianna Malan- Die Burger)

280825304_1999255446913540_1576171313154994409_n.jpeg
bottom of page