top of page
FRIDAY, MARCH 4, 2022 AT 6 PM – 8:30 PM

SATURDAY, MARCH 5, 2022 AT 6 PM – 8:30 PM
Click Here
Click Here

Event Details

Lefra-Produksies
bied aan

GROET DIE GROTMAN 2
Etienne Rousseau Teater
Sasolburg

Vrydag 4 Maart 2022 om 18:00
Saterdag 5 Maart 2022 om 18:00

Alle kaartjies: R190

Bespreek aanlyn by https://www.ltickets.co.za/theatre.../groet-die-grotman-2/

Dit is twintig jaar later. Grotman en Elize is steeds gelukkig getroud … of is hulle? Die kinders is tieners met hul eiesoortige uitdagings. Grotman het sy rookseine verruil vir WhatsApp-boodskappe, eposse, iPhones, Facebook, Twitter en aanlynkonserte. Die verskille tussen Mans en Vrouens is steeds daar, want mans is steeds van Mars en vrouens van Venus.

In Groet die Grotman 2 word die verskille tussen mans en vrouens op komiese wyse uitgebeeld deur Grotman Phillru van Achterbergh. Vrouens is steeds die gaarders (veral van nuttelose inligting!) en mans steeds die jagters (van ‘n bok tot ‘n televisieprogram). “Mans en vrouens lag vir mekaar in Groet die Grotman 2 en dis juis wat hierdie produksie so gewild en sterk maak” sê skrywer en regisseur Frans Swart. “Mens kan amper sê ons doen huweliksberading op ‘n komiese wyse. Die feit dat Grotman sy wêreldjie moet groter maak om by Elize se wêreld aan te pas en die feit dat Elize haar oop wêreld so bietjie nouer moet maak om by Grotman se wêreld uit te kom, sorg vir baie komiese situasies.” Die oorspronklike Groet die Grotman hou steeds die rekord vir die Afrikaanse teaterproduksie wat die meeste vertonings oor die langste tydperk gehad het … meer as 1 000 vertonings oor 10 jaar!

273804545_1928323974006688_5069986157205518522_n.jpg
bottom of page