howwedoit

Testimonials:

Goeie more Herman.

Ek wil eerstens begin deur jou te bedank vir Saterdagaand se vertoning van Elvis Blue, ons het dit terdee geniet en my kaartjies vir Jac de Priester is klaar gekoop. Dit is weer wonderlik om teater toe te kom.
Baie dankie ook vir julle vriendelike ontvangs by die deur en die goeie wyse waarop die plekaanwysers 
ons vir ons plek gaan wys het, mens voel sommer spesiaal.
Ons het so 7-8 jaar terug na baie vertonings kom kyk toe Helen Dumminy die teater bestuurder was maar toe sy weg is het dinge maar baie agteruit gegaan en natuurlik ook weinig verdere vertonings en daarom is ons so dankbaar dat jy weer die leisels 
vasgevat het om weer ons teater op te lig en weer een van die bestes (indien nie die beste in die land) te maak.

Mag ek dalk ‘n voorstel of 2 maak asb vir toekomste vertonings, dalk weer “Groet die Grotman” van Hannes Muller en wat van Coenie die Villiers.  Ons het ook omtrent so 8 jaar terug vir Coenie gaan kyk by Barnyard in Vereeniging. Wat ‘n verassing, jis maar hy kan darem ‘n klavier slaan en sy lekker stories tussen sy liedjies maak die vertoning baie lekker.  Ek sien wel dat daar ‘n paar klassieke vertonings binnekort kom, maar ons is ongelukkig nie groot aanhangers van klassieke musiek nie.

Wel nogmaals dankie en ons kan nie wag om te sien wat jy vir ons nog reël in die toekoms nie.

Groete

JB Havenga

 


My hart klop sommer lekker om te hoor van julle groot op knappings en weer in werking stel van die teater. 

Ek sou wat wou gee om nou n vertoning by te woon maar dis nou vir my onmoontlik. Baie dankie daarvoor. Ek woon in Somerset Wes en tot einde Maart is ek bietjie vas, maar sal graag rondom April n draai in daardie rigting wil maak en dan as daar weer n vertoning is , dit bywoon. 

Baie dankie , ons waardeer dit opreg dat die teater nog my Pa se naam het en dat u dit weer grootliks gebruik. 

Opregte groete en sterkte met al die reëlings.

Elise vd Walt ( 2 de dogter van Etienne Rousseau)


Dear ERT

The first two concerts were to say the least mind blowing and most enjoyable.  It is great to have ERT back in its rightful place with the added bonus of Herman van Niekerk. Thank you so much for two great evenings. 

Yours sincerely

Chris &  Francois  Viljoen

 


Thanks for the brilliant show last night.

With this this calibre of entertainment we are certainly up for a treat. By the way, the Theatre looks great!!! It was certainly worth the wait!

Zimbini Zwane


 

Dear ERT and Herman,

Thank you for a most wonderful experience last night. I had a wonderful time and enjoyed every second of the show  Carnival of Venice! I had to remind myself that I am not sitting in a theatre in Europe and that I was experiencing this in my own country.  It was an extraordinary production with the most talented people! Bravo!!!

The theatre is looking fabulous and I am looking forward to attending many more shows and productions.

Many thanks and warm regards, ​​​​
Tania Benade