Die Wagkamer (Drama@ERT) ~29 Oct'17

met Elize Cawood en Wilson Dunster

Vir die verstrooide Bertie (Wilson Dunster) en Alfrieda Botha (Elize Cawood) is dit tyd om af te skaal. Hulle arriveer in hulle nuwe woonplek in ‘Huis Herfsblaar’ en met dit kom nuwe bekommernisse, nuwe vrese.
Twee oues wat nuwe dinge ervaar, deur mekaar se brille daarna kyk en lag terwyl hulle wag.

”Die Wagkamer is vol deernis vir oumense, dit skyn die lig op ons oumas en oupas, ons ma’s en ons pa’s, en uiteindelik op elkeen van ons.” Marina Griebenow KKNK 2015
“Oues van dae se nostalgietoer laat jou lag èn huil” Herman Lategan 2015