Ruhan du Toit~ 17 Oct'19 Featured

Ruhan du Toit, wat veral bekend is vir sy aangrypende vertolking van die gewilde Simon & Garfunkel-treffer, The Sound of Silence, het beslis geen bekendstelling in die musiekkringe nodig nie.

Sy unieke vier-oktaafstem en natuurlike talent agter die kitaar en verskeie ander musiek-instrumente, het reeds vir hom baie deure oopgemaak en vir hom `n permanente plek in die harte van Suid-Afrikaanse- en Internasionale musiekliefhebbers verseker.