Nataniel Gesels ~ 1 Jun '19 Featured

NATANIËL GESELS Sasolburg.

Vir meer as 20 jaar tree Nataniel reeds as spreker op, hy word bespreek deur skole, universiteite, maatskappye, kerke, liefdadigheidsorganisasies en tydskrifte. Hy gesels met insig, deernis, humor en sonder vrees. Die afgelope jaar bied hy sy praatjies in teaters aan met groot sukses. Hy vertel stories, vermaak en verras, hy gesels oor kommer en oorlewing, prestasie en twyfel, opstandigheid en oorgawe. In-dien tyd dit toelaat, word vrae uit die gehoor beantwoord. Plesierig, skreeusnaaks en roerend, NATANIËL GESELS is ’n unieke ervaring.

Saterdag 1 Junie 2019
11:00
Etienne Rousseau-Teater, Sasolburg
Na die NATANIEL GESELS gaan die gehoor op 'n unieke wyse 'n glasie Methode Cap Classiques (of water) geniet.

Kaalkopwinkel in die foyer.
Geen kinders onder15.
Geen pouse.

Bespreek by Computicket. https://online.computicket.com/web/events/search/Venue:Etienne_Rousseau